Ons storie

"Dit was 'n Dinsdagaand in Speakeasy. Ek was net daar om saam met my ma te karaoke. Ek het hom raakgesien die oomblik toe hy inloop en ek het geweet ek moet met hom praat. Ek het sy aandag probeer trek, maar hy was meer geïnteresseerd in Facebook Marketplace. Ek het daardie aand huis toe gegaan en gedink ek gaan hom nooit weer sien nie." - Marlé

"Twee dae later het ek en my vriend weer in Speakeasy gesit.
Hy was baie  geïnteresseerd in die tafel vol meisies oorkant ons. Ek het haar dadelik herken toe sy my nooi om langs haar te sit, maar sy was onbewus dat dit ek was. Ek het na 'n tydjie besluit om haar te herinner van die aand wat ons paaie  die eerste keer gekruis het en haar gesig het onmiddellik verhelder. Dit was duidelik liefde met tweede-oogopslag." - Christiaan

Copyright © 2026 jansenvanvuuren.net - All Rights Reserved.